Description
Sluit by ons aan vir ‘n aanlyn gesprek oor die LOFS Temperamente!
Is jy ‘n Lake, Ocean, Fountain of Snow? Ja, jy weet dit teen die tyd al! 🙂
Voel dit soms nogsteeds of jy en jou maat van verskillende planete af kom? Praat hy/sy steeds te veel of te min? Is daar nog ‘n paar klein jakkalsies wat krap? Toemaar, dis 100% normaal! Om jou temperament te ontdek is stap 1 – daarna is daar nog ‘n paar stampe en stote nodig om op dieselfde bladsy as jou maat te kom… en dis presies wat hierdie sessie gaan doen!!
In hierdie aanlyn sessie gaan ons dieper delf in elke temperament, ons gaan kyk na die sterk (en swakker) punte van elkeen, en jy gaan ook die geleentheid hê om vir Peter Edgar vrae te vra! Jy kan selfs die vrae anoniem vra deur vir ons ‘n Whatsapp te stuur, indien jy nie kans sien om op die groep saam te gesels nie.
- WANNEER? Maandag 18 Mei om 20:00
- WAAR? Aanlyn deur die ZOOM platform (volledige instruksies sal vroegtydig aan jou gestuur word)
- AANGEBIED DEUR Marriage Capsule (Liezel en haar span) en Peter Edgar.
- KOSTE ? R100 per paartjie (dis vir een “device” – maw, jy en jou maat moet saam op een foon of rekenaar deelneem). Jy kan dit ook op jou eie doen as jou maat nie beskikbaar is nie, die koste bly dieselfde.
Ons wil genoeg tyd beskikbaar stel vir vrae en antwoorde, daarom gaan ons net 150 paartjies kan akkommodeer.
Ons sien uit om saam met jou te kuier!