Sale!

Marriage Capsule Method – INTIEM 20 Jaar Promosie

Original price was: R1,250.00.Current price is: R249.00.

SKU: marriage_capsule_2026-2 Category:

Description

BELANGRIK! Die Marriage Capsule kursus is in ENGELS. Die e-boeke is in Afrikaans.

Sewe stappe. Julle twee. ’n Huwelik wat weer lekker kan wees.

Kom ons wees nou maar eerlik. Niemand stap by die kansel weg en dink: “Nou gaan ek kyk hoe vinnig ek hierdie huwelik kan opmors” nie.

Nee wat. Ons trou met groot drome, blink oë en die vaste oortuiging dat óns liefde enigiets sal oorleef. En toe gebeur die lewe. Werk. Kinders. Rekeninge. Moegheid. Verantwoordelikhede. En iewers tussen “Wat eet ons vanaand?” en “Het jy die kragrekening betaal?” raak die lekker saamwees soms maar ’n bietjie weg. Julle is nog lief vir mekaar. Maar julle praat dalk meer oor die kinders as oor julle eie drome. Julle gesels, maar hoor mekaar nie altyd nie. En soms voel dit of julle eerder twee mense is wat ’n huishouding bestuur as twee mense wat eens nie hulle hande van mekaar kon afhou nie.

Klink dit bekend?

Dan is Marriage Capsule dalk presies wat julle nodig het. Dis nie nóg ’n kursus waar julle vir ure na iemand moet sit en luister wat verduidelik hoe ’n perfekte huwelik veronderstel is om te lyk nie. Want kom ons wees eerlik, wie van ons het nou eintlik so een? Marriage Capsule is ’n interaktiewe aanlyn huwelikskursus met sewe vlakke wat julle help om weer na mekaar te kyk, regtig te gesels, mekaar beter te verstaan en doelbewus aan julle huwelik te werk. En ja, daar is sommer ’n lekker spelelement ook. Julle verdien punte, kry “badges”en kan julle vordering dophou.

Want wie sê om aan jou huwelik te werk, moet soos huiswerk voel?

Maar wat as dinge al klaar nie meer so lekker gaan nie?

Dalk is julle huwelik eintlik op ’n goeie plek, maar julle wil nie wag totdat dinge skeefloop voordat julle daaraan aandag gee nie. Of dalk is daar dinge waaroor julle nie meer praat nie, omdat julle weet dit gaan net weer in ’n argument eindig. Dalk voel een van julle afgeskeep. Dalk het die intimiteit minder geword. Dalk is daar teleurstellings wat nooit behoorlik uitgesorteer is nie. En dalk, net dalk, het die gedagte aan ontrouheid, egskeiding of ’n lewe sonder mekaar al stilletjies by jou opgekom. Dis nie lekker om dit hardop te sê nie.

Maar om dit nié te sê nie, laat dit ook nie verdwyn nie.

Marriage Capsule help julle om te kyk wat onder die oppervlak aangaan, eerder as om net heeltyd die simptome te probeer regmaak. Want soms baklei julle oor die skottelgoed, terwyl die eintlike probleem is dat iemand nie raakgesien voel nie. En soms is die probleem nie dat die liefde weg is nie. Dis dat julle vergeet het hoe om dit vir mekaar te wys.

So, hoe werk die hele ding?

Baie eenvoudig. Julle werk deur sewe vlakke, op julle eie tyd en teen julle eie pas. Geen klasse waarvoor julle betyds moet opdaag nie. Geen ongemaklike groepgesprekke waar julle julle persoonlike sake met vreemdelinge moet deel nie. Net julle twee, julle eie fone of rekenaars, en die bereidwilligheid om weer ’n bietjie moeite met mekaar te doen.

Langs die pad gaan julle:

  • Julleself beter leer ken. Want soms verstaan ons nie eens hoekom óns reageer soos ons reageer nie, wat nog te sê ons huweliksmaat!
  • Mekaar beter leer verstaan. Hoekom dink julle so verskillend? Hoekom pla iets vir die een en glad nie vir die ander nie?
  • Leer om beter te gesels. Nie net om te praat nie, maar om mekaar werklik te hoor.
  • Praktiese aktiwiteite saam doen. Want kennis help nie veel as ons niks daarmee doen nie.
  • Punte en kentekens verdien. Julle kan julle vordering volg en elke klein oorwinning vier.

En die lekkerste? Julle kan dit op julle selfone, tablette of rekenaars doen. Wanneer dit julle pas.

Wat kry julle alles?

Nogal heelwat! En nee, dis nie net sewe lesse en ’n klop op die skouer wanneer julle klaar is nie.

❤️ Die volledige 7-Vlak Marriage Capsule-huwelikskursus: Sewe vlakke wat julle stap vir stap help om weer nader aan mekaar te beweeg, beter te kommunikeer en ’n sterker huwelik te bou.

❤️ LOFS-temperamente: Al ooit gewonder hoekom jou maat iets op ’n sekere manier doen, terwyl jy dit glad nie so sou aanpak nie? Hier leer julle meer oor julle verskillende temperamente. En glo my, party dinge begin skielik baie meer sin maak wanneer jy verstaan hoe die ander een aanmekaargesit is!

❤️ Die Expectation Manager (Verwagtingsbestuurder): Hierdie een kan nogal ’n paar verrassings oplewer. Want ons het almal verwagtinge in ons huwelik. Die probleem is net dat ons soms verwag dat ons maat dit moet weet, sonder dat ons dit ooit gesê het.Hierdie hulpmiddel help julle om daardie verwagtinge op die tafel te sit en daaroor te gesels.

❤️ Safe Space Communication Capsule: Sukkel julle om oor moeilike goed te praat sonder dat iemand kwaad raak, stilbly of die gesprek in ’n argument ontaard? Hierdie hulpmiddel help julle om ’n veilige ruimte te skep waar albei kan praat én gehoor word.

❤️ Good Sex Matters: Ja, ons praat ook oor seks. Want dit is ’n belangrike deel van die huwelik! Hier kry julle praktiese idees en hulpmiddels om weer aan julle intimiteit, passie en fisieke verbondenheid aandag te gee.

❤️ 7 Everyday Love Habits: Dis nie altyd die groot romantiese gebare wat die grootste verskil maak nie. Soms is dit die klein goedjies wat ons elke dag doen. Hierdie sewe liefdesgewoontes help julle om juis dáár te begin.

❤️ Gebedsplan vir julle huwelik: Want ’n huwelik het nie net twee mense nodig wat aan mekaar vashou nie, maar ook twee mense wat saam aan God vashou. Hierdie praktiese gebedsplan help julle om doelbewus vir julle huwelik en vir mekaar te bid.

❤️ Wêreldwye ranglys en kentekens: Wie sê ’n bietjie gesonde kompetisie kan nie lekker wees nie? Soos julle deur die kursus werk, verdien julle punte en kentekens en kan julle sien hoe julle vorder.

❤️ Lewenslange toegang: En hierdie een is nogal belangrik. Julle hoef nie deur die kursus te jaag omdat julle toegang gaan verval nie. Julle kry lewenslange toegang. Kom terug wanneer julle wil, hersien wat julle geleer het en gebruik die hulpmiddels weer wanneer julle dit nodig het. Want julle huwelik hou mos nie op groei wanneer julle die laaste vlak voltooi het nie.

MAAR WAG… DAAR’S NOG! 🎁❤️

Want dis mos ons 20ste verjaarsdag, en ons kan darem nie so ‘n groot mylpaal vier en julle met leë hande huis toe stuur nie!

Daarom kry julle hierdie November sommer VYF ekstra e-boeke GRATIS saam met julle Marriage Capsule-kursus. Nie nog vyf boeke wat net mooi op jou selfoon moet lyk en nooit oopgemaak word nie, hoor!

Ons praat van vyf lekker, praktiese boeke wat julle gaan laat lag, gesels, soen, bid, mekaar beter verstaan en dalk selfs ‘n bietjie laat bloos. 😉

Kyk net wat kry julle alles ekstra!

❤️ 1. Saam voor God. Nader aan Mekaar.

20 dae om saam nader aan God én mekaar te groei.

‘n Spesiale huweliksdagboek met 20 dae se oordenkings, gesprekke, gebede en praktiese uitdagings.

Want soms is die mooiste ding wat julle vir julle huwelik kan doen, om net vir ‘n paar minute saam stil te raak voor God.

💋 2. Die 20 Romantiese Soenuitdaging

Wanneer laas het julle mekaar behoorlik gesoen?

En nee, daardie vinnige piksoentjie terwyl iemand by die deur uithardloop, tel nie!

Hier wag 20 romantiese en speelse soenuitdagings wat sommer weer ‘n paar vlinders in die maag kan wakker maak.

Druk die kaartjies uit, knip hulle uit en begin soen!

🔥 3. 20 Vuurwarm Uitdagings

Want getroud beteken beslis nie vervelig nie!

Hierdie een is vir agter geslote deure. 😉

Twintig speelse, sensuele en soms lekker stout uitdagings om weer ‘n bietjie opwinding, afwagting en passie in julle slaapkamer te bring.

Net julle twee. Julle eie tempo. En dalk ‘n aand of twee wat julle nie sommer gaan vergeet nie!

😂 4. Wie van Ons Twee?

Dink jy jy ken jou maat? Kom ons kyk gou!

Wie is die hardkoppigste? Wie sal eerste jammer sê? En wie dink hulle is altyd reg?

Hierdie prettige paartjiespeletjie bevat 100 vrae wat julle gaan laat lag, onthou, bloos en dalk ‘n paar dinge oor mekaar ontdek wat julle ná al die jare nog nie geweet het nie.

Perfek vir ‘n aand saam wanneer julle iets anders as televisie wil doen.

❤️‍🩹 5. Baklei Beter!

Hoe om koppe te stamp sonder om harte te breek.

Want kom ons wees nou maar eerlik: selfs die gelukkigste paartjies kan mekaar soms behoorlik die josie in maak.

Hierdie praktiese werkboek met 10 hoofstukke help julle om beter te verskil, moeilike gesprekke aan te pak en op te hou om mekaar as die vyand te sien.

Met oefeninge, gesprekspunte en Bybelse beginsels wat julle sommer dadelik kan begin toepas.

Want dis nie julle twee teen mekaar nie. Dis julle twee teen die probleem.

En die prys vir al vyf hierdie bonusboeke?

NIKS. NUL. NADA. GRATIS! 🎉

Julle kry al vyf boeke sommer bo en behalwe alles wat reeds by die volledige Marriage Capsule-kursus ingesluit is.

Dis ons manier om 20 jaar van INTIEM te vier, en sommer terselfdertyd ‘n bietjie ekstra liefde in Suid-Afrikaanse huwelike te sit.

Maar moenie te lank dink nie!

Hierdie vyf bonusboeke is ‘n spesiale November-verjaarsdaggeskenk en is nie permanent deel van die kursus nie.

Sewe vlakke. Vyf bonusboeke. Een huwelik wat die moeite werd is om in te belê.

En tussen ons gesê… as julle ná al hierdie soen-, gesels- en slaapkameruitdagings nog tyd kry om televisie te kyk, sal ons nogal verbaas wees! 😉❤️

En as dit nie vir julle werk nie?

Ons glo só in Marriage Capsule dat ons ’n 100%-geldterugwaarborg bied.

So, julle het niks om te verloor nie.

Maar dink net wat julle alles kan wen.

Meer begrip. Meer geduld. Meer lekker gesels. Meer intimiteit. Meer lag. Meer van daardie gevoel dat julle twee eintlik aan dieselfde kant is.

En dalk ontdek julle sommer weer iets van die twee mense wat destyds so halsoorkop op mekaar verlief geraak het.

Want die doel is nie om ’n perfekte huwelik te hê nie. Dis om ’n huwelik te hê waarin julle albei graag wil wees.

En dit, my mense, is beslis die moeite werd.

Terme en Voorwaardes

www.marriagecapsule.com/terms-and-conditions/