Ek en my verloofde het die kursus baie geniet. Die kursus het ons nader aan mekaar gebring en nuwe karaktereienskappe uitgelig. Ons gaan beslis terugverwys na die eboeke vir leiding in die toekoms. Ons sien uit daarna om te trou en level 6 se aktiwiteite aan te pak!;) Marriage Capsule het ons voorberei vir die verskillende fases in die huwelik en ons streef daarna om vir God elke dag opnuut te nooi in ons verhouding in.

Dankie vir die prettige en mooi uitleg van elke week se les. Die admin is deeglik en maak alles mooi verstaanbaar. Ons is dankbaar vir die kursus!

Beste groete

Lester en Jonél van George